Landelike Veiligheid
Landelike Veiligheid
June 19, 2025 at 04:45 AM
Donderdag 19 Junie 2025 Môre Ons kan verwag dat brandstigting gaan toeneem, nie net die tyd van die jaar nie maar oor die algemeen. Ons kan ook verwag dat, in die lig van ons regering se wonderlike wetgewing, grondbesettings meer gaan voorkom. Is jou dinge reeds in plek? Met die middel van die winter voor die deur (21 Junie) kan ons nou al reeds sien dat die goeie reëns van die afgelope seisoen gaan maak dat die brandseisoen besonder besig gaan wees. Die veld is ruig en grasse is lank, baie brandbare materiaal is beskikbaar. Kry nou jou brandpaaie en voorbrande gedoen. Sluit aan by jou plaaslike brandbestryding vereniging (FPA) Sorg dat jou brandbestryding toerusting in goeie werkende orde is, gaan pype, pompe en dies meer na en diens waar nodig. Maak seker brandbestryders het voldoende toegang tot jou perseel. Maak waar moontlik hervul punte beskikbaar vir die manne met watertenks. Sorg dat jou eiendom omhein of ten minste baie duidelik afgebaken is. Ons kan verwag dat ons besig gehou gaan word met goed soos brande. Intussen word jou huis en haard blootgestel terwyl jy besig is met die res van weiding en veld. Beperk dus nou jou risiko, sorg reeds nou dat jou plek nie so maklik geteiken kan word nie en indien wel aan die brand gesteek, dat jou skade beperk is. Leer uit ander se foute ook. Dawie Conradie 082 930 9905 https://t.me/veiligheid101 Sluit aan by die Whatsapp kanaal https://whatsapp.com/channel/0029VaA4S5IJkK706Vdxhp0Q Help ons om 'n akkurate plaasaanval register by te hou https://whatsapp.com/channel/0029Vb69BxK2kNFuZMydpC3R Word 'n lid van AfriForum https://sluit-aan.afriforum.co.za?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600028911
👍 📍 8

Comments