
Rapport
1.6K subscribers
About Rapport
Toonaangewende Suid-Afrikaanse Sondagpublikasie
Similar Channels
Swipe to see more
Posts

Die ANC begin besef sy buitelandse beleid hou gevolge in. Die Withuis-vergadering het ook gewys wie bou en wie breek, sê John Steenhuisen, DA-leier en landbouminister, aan Tim du Plessis, Dawie Boonzaaier en Liezel de Lange. LUISTER MEER: https://brnw.ch/21wTwTf


Vandeesweek in Rapport Praat Sport kyk ons na die Proteas se spogsege in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap. Ons hoor by Shukri Conrad wat dié oorwinning vir hom en sy span beteken. Ons hoor ook by Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, wat sy planne vir die jaar inhou en wanneer hy beoog om Boan Venter, sy nuwe loskopstut, op die grootste verhoog te toets. LUISTER MEER OP SPOTIFY: https://brnw.ch/21wTvps

In die drukkoker van die Withuis-vergadering met pres. Donald Trump is Ernie Els gebombardeer met teksboodskappe van Suid-Afrikaners: “Sê vir hom dít, sê vir hom dát, daar was nou al weer ’n moord op ’n boer...” Lees meer hier: https://brnw.ch/21wTpGz


So chaoties soos die Samidrc-ontplooiing in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) twee jaar gelede begin het, het dit geëindig met die repatriasie van die eerste sowat 250 soldate wat uiteindelik terug is op eie bodem. Lees meer hier: https://brnw.ch/21wTpz5


Howe sonder krag, water of werkende toilette. Rekenaarstelsels wat sonder lisensies sit en nie inligting van een kantoor na ’n ander kan oordra nie. Skootrekenaars wat uitmekaarval. In kantore waarvan die vensters nie eens meer kan sluit nie. Lees meer hier: https://brnw.ch/21wTqkS


’n Suid-Amerikaner wat verlede maand ’n kleinseuntjie-droom bewaarheid het toe hy in Suid-Afrika kom jag het, sê die ervaring het in ’n nagmerrie ontaard nadat die beroepsjagter wat hom vergesel het nie die jagplaas betaal het nie. Lees meer hier: https://brnw.ch/21wTqkW


Lees alles en nog meer in Rapport op Netwerk24. https://brnw.ch/21wTpdv


Temba Bavuma is nie ’n groot rugbyaanhanger nie. Tog het die begeerte binne hom gebrand om sy Springbok-eweknieë se voorbeeld te volg en ook saam met sy Protea-spanmaats hoop te skep vir Suid-Afrika. Lees meer hier: https://brnw.ch/21wTpnM


Kurt Darren praat met Hanlie Retief oor sy treffers en dryfkrag. En raai wat kom ná Hop Hop Spinnekop? LUISTER MEER: https://brnw.ch/21wTnMS

Ons sal nie weghardloop nie, ons sal áánhou praat, sê dr. Theuns Eloff oor die vuurwarm gesprek wat hy en die Solidariteit-beweging met die ANC oor brandpunte soos plaasmoorde en grondonteiening gehad het. Hy gesels ook met Tim du Plessis, Dawie Boonzaaier en Liezel de Lange oor die kwessie van Afrikaner-vlugtelinge in aanloop tot pres. Cyril Ramaphosa se ontmoeting volgende week met pres. Donald Trump in Washington. LUISTER HIER: https://brnw.ch/21wSFSJ